- Oorbenutting van die Olifantsrivierstelsel
Die Besproeiingsraad ervaar dat die beskikbare water vir besproeiing in die Loskopgebied 'n dalende tendens het en is bekommerd omdat die lewering van die stelsel in normale jare reeds oorskry word. Daarom is dit die Raad se beleid om hom te beywer vir 'n Waterraad wat deur alle verbruikers van die rivierstelsel verteenwoordig sal word om die beskikbare water te beheer en te verdeel. Water kan nie bestuur word as dit nie akkuraat gemeet word en daarvoor betaal word nie. - Besoedeling
Die Raad is ook besorg oor die besoedeling bokant Loskopdam. Alhoewel die Departement van Waterwese en Bosbou reeds 'n grootse poging aangewend het om besoedeling teen te werk, is die Raad van mening dat daar nie streng genoeg opgetree word nie. - Inname van uitheemse bosse in die rivierstelsel
Die Raad is besorg oor die uitheemse bome wat veral die rivier onder die Loskopdam inneem. Afgesien van die inheemse plantegroei wat die rivierstelsel inneem en groot verliese veroorsaak. Die uitroei van sulke plante val egter buite die jurisduksie van die Raad en ons is dus verheug dat daar aandag aan geskenk word.